Welkom by Oppiknoppi Gasteplaas. En dankie dat jy ons webtuiste besoek.
Dis vir ons ‘n voorreg om die mooi natuur in die Kalahari met ons gaste te deel.
Ons GPS Koördinate is: 26 41 04 8 | 22 40 21 4 EPOS: pieter@oppiknoppi.co.za
PIETER, TANIA, PIETER JNR EN HENLU GROVE VERWELKOM U GRAAG BY ONS STUKKIE PARADYS IN DIE HARTJIE VAN DIE KALAHARI WAAR GASTE VRIENDE WORD EN PRIVAATHEID RESPEKTEER WORD.
ONS HET DIT REGGEKRY OM DIE RUSTIGHEID VAN DIE BUITELEWE MET DIE LUUKSHEID VAN NETJIESE 3 STER CHALLETS EN SKOON ABLUSIEGERIEWE TE KOMBINEER OM DIT VIR U AS GAS N ONVERGEETLIKKE ERVARING TE MAAK.
OF U NOU OPPAD IS NA BOTSWANA OF NA ENIGE VAN DIE GROOT PARKE IN DIE OMGEWING OF SOMMER NET ‘N LEKKER OORNAGPLEK SOEK, EN OF U OPSOEK IS NA N HEERLIKE EN RUSTIGE WEGBREEKNAWEEK IS ONS NET DIE ANTWOORD.
MET ‘N GROOT VERSKEIDENHEID VOËL EN WILDSLEWE, N HEERLIKE BUITELIG BRAAI, VERLIGTE SUIPINGS ‘N KLIPGOOI VAN DIE LAPA AF, KAN U RUSTIG AGTEROOR SIT EN ONTSPAN.
OPPIKNOPPI VIER DIE JAAR SY VYFTIENDE VERJAARSDAG EN IS OP DIE FAMILIEPLAAS BELLVILLE GELEË WAT AL VIR MEER AS DRIE GESLAGTE DEUR DIE GROVE FAMILIE BEWOON WORD. ONS BOER HOOFSAAKLIK MET BEES, MAAR HET OOK SKAAP, BOK EN N VERSKEIDENHEID WILD.
OPPIKNOPPI SE NAAM KOM HOOFSAAKLIK VAN DIE FEIT DAT DIE PLEKKIE OP N HOOGTETJIE GELEË IS EN DUI OOK OP ONS FLINKE VINGER OP DIE KNOPPIE DIENS EN BEKENDE KALAHARI GASVRYHEID.